Wenke vir U Nuwe Baba: Riglyne vir Spraak- en Taalontwikkeling
Hoe moet ek met my baba praat?
- Gebruik kort en eenvoudige sinne;
- Praat oor hier en nou, oor mense en voorwerpe in die baba se omgewing;
- Maak oogkontak en gebruik geanimeerde gesiguitdrukkings en gebare;
- Interpreteer jou baba se gedrag as betekenisvol en wag vir baba se reaksie;
- Maak gebruik van varasie in jou stemtoon en luidheid om jou baba se aandag te behou;
- Noem altyd jou baba se naam tesame met al die troetelname wat jy spontaan gebruik;
- Al die huismense moet gereeld met baba praat, sodat hy/sy leer om almal se stemme te onderskei;
- Die geselsies met jou baba kan maar herhalend van aard wees;
- Geniet die geselsies met jou baba.
Wanneer moet ek met my baba praat?
- Maak seker dat jou baba gereed is vir jou geselskap, soos wanneer jou baba wakker en rustig voorkom en sy/haar asemhaling gereguleerd is;
- As jy ‘n jong baba huil, gaap, hik, nie oogkontak wil maak nie en wegkyk, die ogies sweef en ander onrustige bewegings uitvoer, ervaar die baba stres en is hy/sy nie gereed vir interaksie nie.
Wat kan ek nog doen om my baba te stimuleer?
- Speel sagte musiek vir kort periodes;
- Hang ‘n bewertjie bokant baba se kop, sodat hy/sy daarna kan kyk as dit stadig beweeg. Groot swart en wit geometriese patrone is die beste vir ‘n eerste bewertjie. Daarna kan voorwerpe met helder kleure gebruik word. Enige voorwerp kan gebruik word, want die baba kyk net daarna.
- Laat die baba na verskillende ratels luister en dit ook begin vashou